Skip to content
Search jobs inside your AI agent. Claude, ChatGPT, Claude Code, Codex, Gemini, Cursor and Grok
Connect

Solidariteit Beweging

NewBe an early applicant

Sol-Tech | Junior Beampte: Administrasie

Posted Updated

Description

Sol-Tech is ʼn privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleiding kollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria en het tans ʼn Junior Beampte: Administrasie geleentheid beskikbaar.


Die doel van die pos is om basiese administratiewe ondersteuning aan die Akademiese Administrasie-afdeling te bied ten einde die effektiewe verloop van studenteadministrasie tydens die onderrig- en opleidingsfases te ondersteun. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die akkurate vaslegging, verwerking, rekordhouding en liassering van studentedata en -dokumentasie, asook die nakoming van voorgeskrewe administratiewe prosedures en werkvloeie.

Minimum Vereistes:

· Matriek (Graad 12).

· 0–2 jaar administratiewe ondervinding.

· Eie vervoer met ’n geldige rybewys.

· Goeie kennis van die Microsoft Office-pakket.

· Goeie tik- en administratiewe vaardighede.

· Goeie Afrikaanse taalvaardigheid.

Vaardighede en eienskappe wat tot die aansoeker se voordeel sal strek:

· Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede.

· Goeie interpersoonlike vaardighede en ’n diensgerigte ingesteldheid.

· Sterk organisatoriese vaardighede en ’n goeie oog vir detail.

· Akkuraatheid en noukeurigheid met die hantering en vaslegging van inligting.

· Die vermoë om instruksies te volg, prosedures na te kom en sperdatums te haal.

· Betroubaarheid, verantwoordelikheidsin en die vermoë om in ’n span te funksioneer.

· Entoesiasme, selfmotivering en ’n bereidwilligheid om te leer.

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel om aansoek te doen voor of op 24 November 2026.

Apply

See also