freehire launches on Product Hunt on 26 August.

Follow →

Werkswinkel assistent

Open 55d

Werkswinkelassistent

Ons is op soek na ’n dinamiese, prakties-vaardige persoon om ons werkswinkel te bestuur en kreatiewe projekte te dryf. Ons soek iemand wat nie net oor tegniese kennis beskik nie, maar ook passievol is oor mense, opleiding en die skep van unieke ervarings.

Minimum vereistes:

- ’n Voltooide Nasionale Senior Sertifikaat (Matriek / Graad 12)

- ’n Agtergrond van opleiding sal voordelig wees

- Sterk praktiese vaardighede in hout- en metaalwerk

- Goeie kennis van handgereedskap en die professionele gebruik daarvan

- Vermoë om ’n span te bestuur en effektiewe opleiding te fasiliteer

- Vermoë om werkswinkels van hoë gehalte aan te bied en uitstaande gaste-ervarings te skep

Sleutelverantwoordelikhede:

- Bestuur van die werkswinkel, insluitend die aankoop van materiaal

- Beplanning, voorbereiding en implementering van projekte

- Voorraadbeheer en inventarisbestuur van materiaal en gereedskap

- Bestuur van personeel en toekenning van werksopdragte

- Aanbieding van werkswinkels en opleiding aan personeel

- Koördinering en voorbereiding van daaglikse take

Aansoeke kan via die aanlyn aansoekportaal ingedien word: https://babylonstoren.breezy.hr/

See also

Tailor your CV for this role?

We couldn't check your fit for this role — add a CV to your profile to see it next time.

A new version of freehire is available